×
000
KLUBHUISE

Die Jan Bosman-klubhuis (sedert 1985) het ‘n onbelemmerde uitsig oor al die sportgronde. Dit huisves ‘n onthaallokaal (vir ongeveer 100 mense), ‘n klank- en aankondigerstelsel, 4 aantrekkamers, toiletgeriewe, asook ‘n goed toegeruste snoepwinkel.  ‘n Tweede kiosk is ook langs die klubhuis geleë.

Die Martin Oosthuizen-klubhuis (sedert 2002) is deur die oudskoliere ontwikkel en is aan die noordekant van Trappespark geleë.

KOSHUISE

Aangesien die koshuise op die terrein geleë is, is Drostdy uiters geskik vir die aanbied van toernooie en sportbyeenkomste.  Vir navrae in die verband kan u die skool skakel – mnr. Callie le Roux (Besturende Koshuishoof) 023 342 2320.

SKOOLSAAL

Die goed toegeruste MJ de Wet-saal, met galery en balkon wat uitloop na buite, 900 leerders akkomodeer.

DE DROSTDY RESTAURANT

Die Drostdy Restaurant grens aan die Gasvryheidsstudiesafdeling en word gereeld vir funksies asook opleiding gebruik.

MARSHALLS PLEIN

‘n Boomryke buitelugontspanningsarea vir matriekleerders.