×
000
INNOVASIESENTRUM

Die Innovasiesentrum is in 2019 ingerig en leerders van graad 8 en 9 neem Robotika-klasse waar hulle kodering leer en hoe om innoverend te dink, veral oor die toekoms.

DIE ARGIEF

Die kleurryke geskiedenis van HTS Drostdy vanaf 1903 word volledig uitgestal en is beslis ‘n besoek werd.

XPEDISIE BELEWENIS

Dit is ‘n toeganklike hub waar leerders toegang het tot berading en geestelike ondersteuning deur ‘n opgeleide jeugwerker.

MEDIASENTRUM

Leerders kan in ‘n stil omgewing leer asook navorsing doen vir take met toegang tot rekenaars met internet, fotostaatmasjien, ‘n volledige naslaanafdeling, koerante, nuwe fiksie en nie-fiksieleesstof.