×
000

‘n Plek van vreugde, lag, gesels, afskakel en kwaliteitkos. Ons is trots om te sê dat Die Frikkie ‘n gesondheidsafdeling ryker is. Dit was ‘n droom vir ‘n baie lang tyd. Einde 2017 het die droom ‘n realiteit geword.

Die gesondheidsafdeling bied ‘n verskeidenheid opsies wat almal motiveer om meer gesond te leef. Selfs die wat nie so entoesiasties is oor die “gesonde leefstyl” nie, besoek die gesondheidsafdeling net meer en meer. Dis vir ons ‘n voorreg om hierdie opsie vir ons leerders en personeel te kan bied. Eetgewoontes speel ‘n groot rol in alledaagse prestasie en die Donkies besef dit.

Ons hou van verandering en daarom het ons besluit om die gesondheidsafdeling heeltemal uniek te maak. Ons binneste swel van trots en ons nooi almal uit om gerus ‘n draai te kom maak by Die Frikkie waar die personeel almal met warm harte en ‘n glimlag sal ontvang.

Buiten die gesondheidsafdeling, maak ons ook voorsiening vir diegene wat hou van lekkernye, ‘n verskeidenheid soorte koeldranke, kolwyntjies, pasteie, toebroodjies en nog vele meer teen goeie, bekostigbare pryse.

Winter of somer: die leerders geniet dit om pouses en na skool in die kafeteria tyd deur te bring. Of dit nou winter of somer is. Worcester se hitte kan oorweldigend raak. Ons maak seker Die Frikkie bly lekker koel op warm dae. In die winter hou ons, ons leerders warm met kwaliteitkoffie van “The Well Coffee Company” wat alles bedien, van Flat White tot Red Latte’s en Chai Latte’s en in die somer is die Ice Coffee baie gewild.

Ons almal weet pouse kan bedrywig word in die Frikkie. Daarom het ons koppe bymekaar gesit om ‘n sisteem te bewerkstellig, waar leerders vinnig, maklik, sonder stres hul kos kan bestel en betaal sodat hulle hul pouse verder kan geniet. Elke leerder kry ‘n mandjie om hul kos in te sit – indien hul baie bestel en nie als kan dra nie. In elke mandjie is daar ‘n houtblokkie met ‘n mooi boodskappie op. Dis die klein dingetjies wat saak maak. Dis ‘n fees om ‘n Donkie te wees.

Die Frikkie kan gehuur word vir Funksies, (na ure), soos koek-en-tee, intieme verjaarsdagpartytjies, kleiner jaareindfunksies, bemarkingstoesprake en kleiner teateroptredes.

Skakel gerus 023 342 2320/082 337 6849

Lees meer.