×
000

HTS Drostdy maak baie goed van die D6 Connect-program gebruik om aan ouers inligting deur te gee.  Hierdie program kan verniet afgelaai word op u rekenaar of selfoon.  Daarna verkyn dit as ‘n “pop-up” op u rekenaar se skerm.  Alle inligting rondom eksamen, skooltye, sportwedstrydbepalings word hier deurgegee.  Hierdie program word daagliks opgedateer om die nuutste inligting te bevat.

Die program kan afgelaai word deur die webwerf https://d6.co.za/education/products/d6-plus/d6-connect/ te besoek.

Hoër Tegniese Skool Drostdy gebruik d6 Connect

Kliek hier om ‘n unieke “token” (kode) te ontvang wat u kan gebruik om te koppel aan u organisasie

d6 Connect bied die volgende funksies aan:
  • Gebruikers word ingelig en op datum gehou van die aktiwiteite van die leerders en skool
  • Relevante en opgedateerde inligting (bv: skool se kontakpersone en skoolrekeninge)
  • Laat gebruikers toe om:
    • Direk te antwoord op navrae van die skool (Vervanging van tradisionele skeurstrokies)
    • Veranderinge aan te bring aan ouers en leerders se persoonlike data op die skool se databasis
    • Algemene navrae direk aan die skool te stuur en terugvoer daarop te ontvang
    • Leerderafwesighede aan te meld
U kry ook toegang tot kind-spesifieke funksies:
  • Leerderpunte
  • Leerderdissipline
  • Leerderfinansies
  • Leerderafwesigheid
Enige hulp nodig?

Kliek hier vir stap-vir-stap-instruksies.