×
000

NAWEEK BUSVERVOER 2021

Die Kaapse bus ry elke Vrydag, behalwe wintertye wanneer tuiswedstryde plaasvind. Op sulke dae ry die bus nadat die eerstespan Saterdagmiddag klaar gespeel het.  Die leerders kry die geleentheid om vanaf Maandag tot en met Woensdag plek te bespreek by Mev Lirita Esterhuizen. Tot en met Woensdag mag hulle nog hul plek op die bus kanselleer, maar daarna word die busgeld verbeur indien hulle sou besluit om nie meer van die busdiens gebruik te maak nie.

Ouers word vriendelik versoek om asseblief hulle kinders se inbetaling vir die bus vroegtydig te maak en dan ook seker te maak dat hul kind se plek op die bus bespreek is.

‘n Inbetaling in die skool se rekening kwalifiseer nie as ‘n outomatiese bespreking vir die bus nie. Gebruik asseblief u kind se toelatingsnommer en “bus” as verwysing wanneer u ’n inbetaling maak.

Tuisnaweke vertrek daar busse na Vredenburg en Vredendal.  Dieselfde reëlings ten opsigte van kansellasie geld soos hierbo.

Die Kaap-bus se roete is:  Klapmuts, Engen 1-Stop en Tygervallei – dit is die eindpunt.

Die Vredenburg-bus se roete is:  Riebeeck-Kasteel, Malmesbury, Hopefield en Vredenburg – dit is die eindpunt.

Die Vredendal-bus se roete is:  Wolseley, Gouda, Porterville, Piketberg, Eendekuil, Citrusdal, Clanwilliam, Klawer en Vredendal – dit is die eindpunt.

 

BUSSE RY NIE MET SKOOLVAKANSIES NIE.

BUSVERVOER 2021