×
000

Die Brilliant Young Donkeys is Drostdy se leerders wat ‘n gemiddeld bo 80% aan die einde van elke kwartaal behaal het.  Die Top 10 is die boonste 10 leerders in elke graad van die Brilliant Young Donkeys.  Daar word op verskeie maniere erkenning aan ons top akademiese presteerders gegee.

  • Die A-gemiddelde graad 12 leerders (van die vorige jaar) word na ons eerste saalbyeenkoms genooi waar hulle ‘n toekenning van die skool ontvang.
  • Vroeg in elke nuwe kwartaal word die Brilliant Young Donkeys en Top 10 in die saal bekend gemaak op grond van die vorige kwartaal se uitslae. Tydens hierdie geleentheid ontvang hul ook ‘n balkie.
  • Die BYD’s van die vierde kwartaal word vroeg in die nuwe jaar na ‘n Akademiese funksie genooi.
  • Die graad 12 toppresteerders sou op 14 Mei 2020 na Ceres gaan vir ‘n “Zipline” uitstappie maar a.g.v Covid19 kon dit egter nie realiseer nie, maar ons beplan iets soortgelyks vir 2021.
  • In die derde kwartaal word ‘n ontbyt/uitstappie beplan vir die BYD’s na aanleiding van die Junie eksamen se uitslae.

 

Kliek op die skakel vir 2020 se kwartaal 4 se Top 10 en Briliant Young Donkies.