×
000

Die Graad 12-leerders, wat werksaam is op die VRL, staan bekend as die Bestuurskomitee (BK). Hulle kies ‘n voorsitter, ondervoorsitter en twee addisionele lede om die leiding te neem. Hierdie vier leerders staan bekend as die hoofseun, hoofdogter, onderhoofseun en onderhoofdogter.

A elke leerder op die Bestuurskomitee word ‘n portefeulje toegeken wat hulle tydens hulle termyn moet behartig. Die Bestuurskomitee vergader een keer elke twee weke om hul aktiwiteite te beplan. Hulle is behulpsaam in aktiwiteite soos die dissipline van die skool, geesvanggeleenthede en die inburgering van nuwe Graad 8-leerders.

Hoofleiers 2020/21

Onderhoofseun: Alex Avenant, Hoofseun: Abré Griessel, Hoofmeisie: Cameron Mostert, Onderhoofmeisie: Amoné Mason

VLR 2020 / 2021

Die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) is ‘n groep leerders wat elke jaar deur hulle graadgroep gekies word om hulle by die skool te verteenwoordig.

Ons kies 4 Graad 8-leerders, 4 Graad 9-leerders, 4 Graad 10-leerders, 8 Graad 11-leerders en 26 Graad 12-leerders.

Graad 11

Voor: Janke Kruger, Wayde Olivier, Mieke Kruger, Salome Rossouw
Agter: Hannes Neethling, Gerhard Burger, De Wet Mostert, Carla Botha,

Graad 10

Christi Marais, Handré Linde,Hein Louw, Jade Avenant

Graad 9

Mia Human, Francois Angenbag, Dian Albertyn, Anmari du Toit