Home » Winterbal

Winterbal

Drostdy hou jaarliks in die derde kwartaal ‘n bal spesiaal vir graad 10 tot 12 leerders. Hierdie geleentheid word deur die Bestuurskomitee vir die leerders gereël. Dis ‘n spoggeleentheid wat ‘n driegang maaltyd insluit, kans om semi-formeel aan te trek en heerlik te dans. Graad 8 leerders tree as kelners op en dis werklik ‘n hoogtepunt in Drostdy se sosiale kalender.

2019 se Tema was “Mamma Mia!”. Dankie aan Anje Ungerer en Jana Jourdan vir ‘n pragtige aand.
 
Winterbal8 Winterbal7 Winterbal5 Winterbal4

Winterbal3

Junior Dinee
Tydens 2019 is daar ook ‘n Junior Dinee ingestel. Hierdie is ‘n geleentheid vir die graad 8- en 9-leerders om ook spoggerig aan te trek. Hierdie geleentheid fokus baie op onderrig. Daar word spesiaal moeite gedoen om die leerders van etike en tafelmaniere te leer. Hulle het selfs hulp met dans gekry. Hierdie dinee is in 2019 by Bergland gehou net buite Worcester.

Dinee5 Dinee7
Dinee8 Dinee9
Dinee10 Dinee3
Dinee4 Dinee2
Dinee1 Dinee6