Home » Verenigings

Verenigings

ATKV

ATKV-jeugtak: Diverse Donkies

In 2008 is die Diverse Donkies-ATKV-Jeugtak op die been gebring.  Hierdie vereniging bestaan uit ses bestuurslede wat die rolle van voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris en tesourier vervul.  Die addisionele lede dra verder by tot die groep se kreatiewe idees.

Hulle is onder andere verantwoordelik vir die volgende aktiwiteite:

  • Redenaars
  • Kultuuraangeleenthede
  • Oscar-aand

Avontuurklub

Avontuurklub
Die avontuurklub probeer om elke kwartaal iets anders aan te pak.  Die eerste kwartaal het ons op die rivier saam met die manne van Breede Adventures gaan roei en dit was ‘n fees. Ongeveer 40 leerders het die Breërivier gaan aandurf en elke oomblik daarvan geniet. Die tweede kwartaal het ons in die Karoo gaan kamp en die koue met tente gaan trotseer. Dit was heerlik om die natuur vanuit ‘n ander perspektief te benader. Ons doel was om so na as moontlik aan die natuur te lewe. Die derde kwartaal se aktiwiteit moet nog plaasvind en in die vierde kwartaal sal ons weer die hengelkompetisie hou.

Ons doelwit is om ons kinders terug te vat natuur toe sodat hulle kan wegkom uit die malls en van die selfone af. ‘n Liefde vir die natuur word gekweek ‒ ons kinders word hopeloos te min daaraan blootgestel. Dis ook natuurlik ‘n gesonde manier om te sosialiseer en ‘n bietjie vasbyt te leer. Aktiwiteite word nie net lukraak gekies nie, maar met oordeel sodat leerders die meeste daaruit kan put.

000_0007 100_2513 100_2516 100B2650

Multimedia

Die Multimediakomitee is verantwoordelik vir die verskaffing van klank by die sportbyeenkomste wat tuis aangebied word, die maak van video’s vir bemarking, die neem van foto’s en enige algemene gebruik van tegnologie by die skool.  Ons is die tegnologiese ruggraat van die skool

Hierdie is ‘n goeie geleentheid vir leerders wat belangstel om ‘n klankingenieur te word of wat graag meer wil leer van tegnologie.  Leerders ontvang basiese opleiding by Creative Sound en hulle kry geleentheid om te werk saam met Creative Sound/Intello Acoustics wanneer hulle in en om Worcester werk soos byvoorbeeld by die Tussen-Ons-fees wat in Worcester aangebied word.

Die Multimediakomitee werk op snaakse tye en dis glad nie snaaks om of baie laat in die bed te kom of baie vroeg te moet opstaan nie.  Leerders word ook geleer om vooruit te beplan en volgens ‘n spesifieke beplanning te werk.  In die groep moet ‘n mens presies weet wat die ander persoon doen en jy moet die ander persoon kan vertrou om seker te wees dat hy/sy die regte opdrag uitvoer en dat almal dieselfde dink en doen… Ons het ook baie pret en daar word uit die saamwerk ‘n kameraderie gevorm waar almal vir mekaar omgee en nie net op die werk gefokus word nie.

Noodhulp

Drostdy is bevoorreg dat ‘n groep leerders as noodhulpbeamptes gekwalifiseer is en ‘n groot groep as rugbynoodhelpers kwalifiseer.

Daar word gereeld noodhulpkursusse aangebied wat leerders die geleentheid bied om hulself as noodhulpbeamptes te kwalifiseer.

Tydens sportgeleenthede tree van die leerders as noodhulpbeamptes op.

Die leerders word kwartaalliks vergoed vir dienste gelewer.

VCSV

image1 (2)

Die VCSV is ‘n vereniging wat deur ons passievolle leerders bedryf word en deel vorm van die groter VCSV netwerk.
Ons liefde vir Jesus dryf ons om elke geleentheid aan te gryp om binne en buite ons skool ‘n verskil te maak.

Elke Vrydag, eerste pouse, kom ons as ‘n groep bymekaar. Die kringleiers bied geesvervulde aktiwiteite en praise and worships aan. Sprekers word genooi en uitreike binne en buite die skool word gedoen.
Dinsdag- en Vrydagoggende tussen 7:10 – 7:35 kom die kringleiers bymekaar om te bid.

Voluit vir Jesus, Voluit Donkie!

image1 vcsv