Home » Toutrek

Toutrek

Toutrek is in 1974 deur Louis Coetzee (Meester) en Hercules Opperman (Oppies) by Drostdy begin. Sedertdien kan daar op ‘n roem- en tradisieryke toutrekgeskiedenis, vol hoogtepunte, teruggekyk word.

Tans is daar meer as 60 seuns wat gereeld oefen en Saterdae in 6 gewigsafdelings deelneem:
400 kg; 440 kg; 480 kg; 520 kg; 560 kg; 600 kg.

Daar is 35 dogters wat sedert 2013 in 3 gewigsafdelings: 440kg, 480kg, 520kg meeding.

Van 2016 af is die dogters die WP/Wynland en SA-kampioene in al die gewigsafdelings. In Kaapstad (2018) wen hulle die silwer medalje op die Wêreldkampioenskap.

Die 520-kg gemengde span (4 seuns en 4 dogters) is vanaf 2018 die WP/Wynland en SA-kampioene. Hulle stap by 2018 se Wêreldbyeenkoms in Kaapstad, met die silwer medalje weg.

Die volgende afrigters sien gedurende die week, en elke Saterdag, na Drostdy se 40 toutrekspanne om:

Morne Visser (Hoof-Organiseerder en Afrigter-bestuurder)
Nollie Stofberg (Nasionale Kleure / Nasionale afrigter / Senior keurder)
Willem Viljoen (Nasionale kleure / Strategiese beplanning)
Eric Britz (Nasionale kleure / Nasionale afrigter)
Riaan van Lill (Onderwyser en Nasionale junior-afrigter)
Randall Hearne (Afrigter)
Aaron Harker (Afrigter)
Jannie Louw (Afrigter)
Anneke Naude (Fiksheid en kondisionering)
Garth Faro (Fiksheid en kondisionering)

Die ondersteuningspan (finansies, kleredrag, voeding, SA-reëlings) bestaan uit mevv. Burger, Van der Spuy, Wium, Zeeman, Roux baie entoesiastiese en gewillige ouers.

Op die 2019-WP/Boland byeenkoms wen Drostdy se seuns goud in 5 van die 6 gewigsafdelings. Hulle verower ook nog 3 silwer en 3 brons medaljes.
Die dogters wen weer goud in al drie hulle gewigsafdelings en palm ‘n verdere 3 brons medaljes in.

Tydens die 2019-SA Toutrekkampioenskap op Oudtshoorn, wen Drostdy se seuns 4 silwer medaljes, in die 6 gewigsafdelings. Die dogters verower goud in al hulle gewigsafdelings en palm ook nog 2 bronsmedaljes in!

Die dogters se 480kg-span kwalifiseer in 2019 vir die derde agtereenvolgende jaar vir Protea Kleure. Hulle neem aan die Wêreldkampioenskap in Castlebar, Ierland, deel en verower ‘n goue medalje. Hulle wen ook ‘n silwer medalje op die Europese Ope Klubkampioenskap.

Die 520kg-gemengde span is in 2019 weer die WP/Wynland-kampioene asook die SA-kampioene. Hulle verwerf Protea Kleure en verteenwoord SA op die Wêreld Junior byeenkoms in Castlebar, Ierland, waar hulle as die wêreldkampioene gekroon word.

Oefentye:
Maandag – Donderdag
16:30 – 19:00

Plek:
OPPIE-TOU (die toutrek-oefen-area)

Kompetisies:
Streekskompetisies elke Saterdag (1ste kwartaal) behalwe tuisnaweke.
WP/Wynland en SA-Juniors. Drie gewigsafdelings kan kwalifiseer om in 2020 aan die Wêreld Junior Kampioenskap in Basque, Spanje te gaan deelneem.

IMG-20150327-WA0051 Toutrek A-spanne Toutrek meisies

20150327_083046 20150328_170855 IMG-20150126-WA0000