Home » Tennis

Tennis

FASILITEITE:
Drostdy beskik oor baie goeie fasiliteite en is bevoorreg om ses tennisbane te hê. Ook beskik ons oor ‘n pragtige klubhuis en ons eie toiletgeriewe.

LIGA:
Drostdy het vier seunspanne en vier dogterspanne wat elke jaar in die Kavaliers-Noord Liga speel. Ons presteer besonders goed met ons spanne wat gereeld die ligas oorheers deur as ligawenners aangewys te word.

WEDSTRYDE:
Dit word in die eerste en vierde kwartaal gespeel. Die ligawedstryde vind plaas op Vrydagmiddae na skool.

OEFENDAE EN TYE:
Seuns: Maandae & Woensdae 15:30 — 17:00
Dogters: Dinsdae & Donderdae 15:00 — 16:30

TOERNOOIE EN TOERE:
Ons neem elke jaar deel aan die Agnes Pauw-tennistoernooi met ons dogters. Vanaf 2017 gaan ons seuns deelneem aan die Gerrie Berner-toernooi. Ook toer ons jaarliks na die Weskus waar ons teen verskeie skole speel.

PROEWE:
Die O/15, O/17 en O/19 Kavaliers-Noord-proewe vind in die 4de kwartaal plaas. Na afloop van hierdie proewe vind die Kavaliers-Platteland Toernooi en die Kavaliers-Platteland Proewe plaas. Leerders wat opgeneem word in die Kavaliers-Platteland-span speel dan teen SWD (Eden), OP en WP (Disas).

PRESTASIES:

Elke jaar word van ons spelers opgeneem in die Kavaliers-Noordspanne en ook die Kavaliers-Platteland-spanne.

2016 het die volgende spelers Kavaliers-Noord verteenwoordig tydens die Kavaliers-Platteland toernooi:
Frederick Botha – seuns O/15
SW Zeeman – seuns O/15
Carien Reyneke – dogters O/15
Stefmarie Burden – dogters O15
Ben-Ernst Botha – seuns O/17
Marli le Roux – dogters O/17
Phillip Cornelissen – seuns O/19
Marli le Roux en Carien Reyneke verteenwoordig ook Kavaliers-Platteland teen onder andere SWD (Eden) en WP (Disas)

Ons is opgewonde oor die toekoms van ons tennis, en sien uit na nog baie prestasies deur ons spelers.

KONTAKPERSOON:
Mnr. D.W.M le Roux

20161022_08123020161022_13122920161022_15391020161022_16001620161022_19114420161023_09213920161029_155344