Home » Swem

Swem

Swem by HTS Drostdy het hierdie jaar vir baie opwinding en prestasie gesorg. Swemmers wat swem as sport beoefen neem deel aan die “Boland Aquatics”-galas wat deur die loop van die seisoen by verskillende skole in die Wes-Kaap aangebied word.

Van hierdie swemmers is daar wel ook swemmers wat op provinsiale vlak deelneem en baie goeie presasies lewer. Sumari Pretorius , Claudi Bester , Danté Marais asook Aldo Marais verteenwoordig HTS Drostdy by WP-proewe asook by vlak 1,2 en 3 kompetisies.

Hierdie seisoen is afgeskop met ons Interkoshuis gala waar Dorp beide die meisies- en seunsafdeling gewen het. Verder het ons deelgeneem aan die Hopefield- gala, Twilight-gala asook die Ruens College gala waar ons leerders ‘n rekordgetal goue en silwer medaljes verower het.

HTS Drostdy het ‘n 25m swembad waar hierdie leerders Maandae en Woensdae tydens die eerste en vierde kwartaal oefen en dan aan galas (meestal) op Donderdae en Saterdae deelneem.
By HTS Drostdy spog ons met pragtige fasiliteite vir hierdie sport.

Oefentye:
Dinsdae:  14:30 – 15:30 en 15:30 – 16:00
Donderdae:  14:30 – 15:30 en 15:30 – 16:00