Home » Stoei

Stoei

Doel:
Bevordering van stoei as ‘n sport. Fisiese en emosionele ontwikkeling van u kind.

Wie beveel stoei aan?
Arbeidsterapeute, fisioterapeute, spraakterapeute

Wat is stoei?
Stoei is een van die oudste sportsoorte in die wêreld. Stoei is ‘n Olimpiese sport en nie WWE of rofstoei nie!

Wat leer u kind?
Basiese stoeitegnieke, opwarmingstegnieke, fiksheidoefeninge, kragoefeninge, spoedoefeninge, soepelheids- en balansoefening, opvoedkundige waarde, emosionele intelligensie (respek vir jouself en ander), deursettingsvermoë, konsentrasie (ADHD), sosiale vaardighede, uithouvermoë, groot motoriese ontwikkeling, voorbereiding tot skryfvaardighede, fisiese ontwikkeling, spiertonus, bolyfontwikkeling (veral die nek), Hand-oog-koördinasie, soepelheid, balans, spoed en stamina.

Wie kan stoei?
Stoei is vir enige seun ongeag sy fisieke vermoëns of talente. Kinders stoei teen maats van hulle eie portuur, volgens grootte en ouderdom. Ons fokus is nie net op kompetisie nie, maar ook op die aanleer van stoeitegnieke. Stoei is ‘n moet vir rugbyspelers. Spanne soos die Bulle, Sharks en All Blacks maak gebruik van stoei-afrigting.

Afrigting
Ek, Kurt Herzog, is die hoofafrigter wat die stoeiprogram bestuur en ontwikkel. Ek rig al meer as 10 jaar af en rig al vanaf 2010 by HTS Drostdy, genaamd Drostdy Stoei, af. Ek self stoei nog steeds en is ook ‘n Springbok-stoeier wat alreeds 21 keer die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gewen het.

Jason Beukes ouleerder van HTS Drostdy, wat self ‘n Junior Protea stoeier is en 14 keer Suid-Afrika Kampioen was, is ook nou as hulp-afrigter by Drostdy Stoei aangestel.

Kleredrag
T-hemp, kortbroek en tekkies

Kontak:
Kurt Herzog: 076 918 4050
E-pos: kurt9@vodamail.co.za

Oefentye:
Maandae en Woensdae
5 jaar tot 13 jaar        15:30-17:00
Maandae, Dinsdae, Woensdae en Donderdae
14 jaar tot 30 jaar        17:15-18:45

Stoei