Home » Skaak

Skaak

Skaak is ‘n baie opwindende uitdaging vir almal wat daarvan hou om hul breinkrag te ontwikkel. Ons neem aan die liga asook die Boland proewe deel. Skole wat in ons liga deelneem is: Hexvallei Sekondêr, Worcester Gimnasium, Montana, Worcester Sekondêre Skool, De Villliers Graaf Hoërskool, Esselenpark Hoërskool, Hoërskool Breërivier, Hoërskool Robertson, Hoërskool Goudini en Vissiswe Sekondêr.

Skaak is ‘n dimaniese sport wat baie voordele vir die leerder inhou. Sommige van hierdie sluit in:

  • om konsentrasievermoë te verbeter

  • om organisatoriese vaardighede te verbeter

  • om geheue te ontwikkel

  • om streshanteringsvaardighede aan te leer

  • om verbeelding en kreatiwiteit te ontwikkel

  • om sosiale vaardighede te verbeter

  • om punte in wiskunde en wetenskap te verbeter

Oefentye

Die vasgestelde oefentye is Woensdae 15:30 tot 17:00. Skaak is ‘n deurlopende sport en wedstryde vind normaalweg gedurende die week plaas.

Prestasies

Albrecht van Zyl neem as lid van WP-span aan die SA’s deel. Hy wen al SEWE wedstryde en ontvang die bordprys en sy span ontvang ook ‘n goue medalje.

Drostdy eindig DERDE in die Wes-Kaap TOP SCHOOLS kompetisie!

Op 17 Februarie, het 19 Drostdyers, aan die Noord-Boland skaaktoernooi deelgeneem! En ons vaar nog beter as verlede jaar.
Mans o/20: Armand van den Bergh 2de
Dogters o/18: Alanique May 6de
Seuns o/18: Adriaan Alberts 2de, Albrecht van Zyl 3de,
Seuns o/15: Jean-Jacques Augustyn 5de, Herman Roux 8ste, Ethan Baron 15de
Dogters o/15: Anmar Rust 11de, Melissa Behm 14de.

image1 image4

image3 image2

image5