Salon Belewenis
Nog iets nuuts om by Drostdy te beleef, is Salon Belewenis, ‘n skoonheidsalon wat ‘n rukkie terug sy deure op die terrein geopen het. Hierdie salon bied nog ‘n opwindende geleentheid aan Drostdy se dogters om hulle horisonne te verbreed. Jessica Etzebeth lei die dogters op ten einde ook in die salon te werk. Vir dogters wat graag ‘n toekoms in die skoonheidsrigting wil volg, sal hierdie kursusse baie waardevol wees as deel van hul CV’s.
Die salon is ten volle toegerus en bied ‘n baie wye verskeidenheid opsies. Besoek ons gerus en kom deel in die belewenis.
Kontak Jessica vir afsprake by: 076 051 0882
Pryslys