Home » Rugby

Rugby

Drostdy speel elke jaar teen die toptien-rugbyskole soos Paul Roos, Paarl Boys’ High, Paarl Gimnasium, Bishops, Stellenberg en Oakdale. Deelname is prioriteit. Rugbyklinieke en -toernooie word gereeld bygewoon en as gevolg van die strawwe kompetisie, vorm die Drostdyers gereeld die ruggraat van die Boland-skolespanne.

Drostdy speel in 2017 in 19 wedstryde, die junior spanne toer twee keer in Maart, hulle neem deel aan die Noord-Suid-toernooi wat bestaan uit skole soos Marais Viljoen, Transvalia, Middelburg, Hugenote en Daniël Pienaar. Na afloop van die toer speel Drostdy in die Wildeklawer-rugbytoernooi wat in Kimberley plaasvind.

Die eerste rugbyspan van Drostdy speel ook in die Noord-Suid-toernooi en dan in die Kearsney Easter Festival wat in Durban plaasvind.

Gedurende die 2016-seisoen is 12 Drostdy-seuns vir die Bolandse o.16-Grant Khomo-span gekies wat op die eerste dag die WP se o.16-Grant Khomo-span geklop het. Drostdy het vier seuns in die Boland-o.18-Cravenweek-span gehad wat by Kearsney College gespeel het. Aan die einde van die seisoen is drie Drostdy-spelers vir die Boland-sewespan gekies wat in Durban gespeel het.

Oefendae:
Juniors (o.14 & o.15)
Maandae en Woensdae, 15:30-17:00
Seniors (o.16 & o.19)
Dinsdae en Donderdae, 15:30-17:00
Oefentye kan verander indien anders deur afrigter gereël. Afrigters probeer om drie sessies per week in te werk.

CC-1616

CC-1603

CC-1559

CC-1558

CC-1493

CC-1475

CC-1474

CC-1715

Opdraf Rugby1 (2) Rugby1 Rugby2 Rugby3 Rugby4