Home » Revue

Revue

Vanjaar was die eerste jaar in Drostdy se geskiedenis wat daar ‘n revue aangebied is. En wat ‘n eerste revue was dit nie…

img_0396 img_0492 img_0541 img_0617 img_0676 img_0710 img_0767 img_8485 img_8526 img_8620 img_8986 img_0084 img_0302

Na ons suksesvolle revue by die skool, het ons ingeskryf vir die kykNet Revue 2016 kompetisie.

Ons het met 59 kinders en 5 personeellede op Sondag 11 September op Worcester stasie op die Shosholoza Meyl geklim en na 24 uur in Krugersdorp aangekom waarna ons ATKV Buffelspoort toe is. Op Dinsdag 13 September het ons aan die uitdunne deelgeneem en is aangewys as een van ses hoërskole wat op 20 September aan die semi-finaal moet deelneem. Ons het die beoordelaars se opmerkings ter harte geneem en ‘n klomp veranderinge aangebring. Die kinders het die hele week geoefen. Vrydag het ons bietjie afgevat en die kinders vir die dag Sun City Valley of the Waves toe gevat. Daar het hulle ‘n flashmob van een van ons danse in die “see” gedoen – die video daarvan is al meer as 7300 keer op ons Facebookblad “Beleef HTS Drostdy” gekyk. Die res van die tyd het ons in Hatfield in Pretoria gebly.

Dinsdagaand is ons aangewys as een van vier skole wat die 21ste aan die finaal moes deelneem. Ons tydgleuf was 21:20, maar aangesien die hele kompetisie vir tv opgeneem is, was ons baie agter skedule en het die kinders daardie aand eers 23:10 op die verhoog gegaan. Daarna is die wenners aangekondig. Drostdy se Afri-dans revue is aangewys in die 2de plek. 1ste was Hoërskool Hans Moore en 3de was Hoërskool Kemptonpark. Vir ons kinders was dit ‘n ongelooflike ervaring.

Die beoordelaars was Liz Meiring, Pieter Smit en John Jacobs. Die program word vanaf Sondag 2 Oktober om 17:00 op kykNET NOU! uitgesaai. Kanaal 146.

img-20160921-wa0030 img-20160921-wa0031 img-20160922-wa0001 img-20160922-wa0014

img-20160920-wa0028 img-20160920-wa0029

img-20160920-wa0031 img-20160920-wa0041