Home » Noord-Suid Derby

Noord-Suid Derby

Agtergrond
Die behoefte het ontstaan dat skole saam as ‘n skool rubytoere onderneem.

Boland Rugbyunie
Die Boland Rugbyunie gee goedkeuring aan hierdie statustoernooi tussen die Noord-en-Suid-rugbyskole en plaas dit ook op hul jaarprogram. Die toernooi gee die minder bevoorregte spelers kans om opgeneem te word in Boland Ontwikkelingspan wat teen die skole van die Noorde sal speel.

Doel
Spanne van die Noorde speel teen spanne van die Suide, geen Suid teen Suid of Noord teen Noord nie. Skole kan elke jaar ‘n nuwe plek beleef. Een jaar is die toernooi in die Suide, volgende jaar is die toernooi in die Noorde. Dit gee elke skool wat deelneem die geleentheid om die toernooi een of ander tyd aan te bied as hulle oor die nodige fasiliteite beskik soos byvoorbeeld verblyf, genoeg velde ens. Dit gee skeidsregters ook die geleentheid om te leer en ondervinding op te bou. Suid-spanne speel ‘n ander tipe rugby as die Noord-spanne.

Vanjaar word die toernooi deur Hoërskool Middelburg aangebied. Dit is hulle skool se 100ste bestaansjaar en die toernooi val saam met die eeufeesvierings.

Die bepalings is:

Donderdag, 5 April 2018

12:00 – Transvalia vs Kearsney College
13:10 – Marais Viljoen vs HTS Daniël Pienaar
14:20 – Hoërskool Middelburg vs HTS Drostdy

Saterdag, 7 April 2018

12:00 – Hoërskool Middelburg vs Kearsney College
13:10 – Transvalia vs HTS Daniël Pienaar
14:20 – HTS Drostdy vs Marais Viljoen

Maandag, 9 April 2018

09:00 – HTS Drostdy vs Transvalia
10:10 – Marais Viljoen vs Kearsney College
11:20 – Hoërskool Middelburg vs HTS Daniël Pienaar