Home » Mnr en Mej Drostdy

Mnr en Mej Drostdy

Die Mnr. & Mej. Drostdy-skouspel vind elke jaar aan die einde van die eerste kwartaal plaas. By hierdie geleentheid neem graad 8-seuns en -meisies asook graad 12-seuns en graad 11- en 12-meisies in ‘n junior en senior afdeling deel. Die senior finaliste word reeds in die vorige jaar se vierde kwartaal aangewys terwyl die graad 8’s kan inskryf sodra hulle by Drostdy aanland.

Die geleentheid lok jaarliks baie belangstelling en word bygewoon deur ongeveer 550 mense. Die finaliste vermaak die gehoor met goedgeoefende danspassies en stap op die loopplank soos professionele modelle.

Hou die jaarprogram dop vir die Mnr. & Mej. Drostdy-skouspel – moet dit nie misloop nie!

Mnr en Mej Drostdy juniors Mnr. en Mej Drostdy seniors