Home » Matriekafskeid

Matriekafskeid

Matriekafskeid 2016 – Asian Fusion

By hierdie jaar se matriekafskeid het die matrieks bietjie in die Ooste gaan kuier. Die graad 11’s het hard gewerk om die skoolsaal in ‘n mengsel van oosterse elemente te verander en het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Japanese kos, sushi, Chinese lanterns, papiersambreeltjies en Bonsai-boompies het die aand perfek afgerond.

Joh-Mari Marais het die matrieks verwelkom en hulle die grootmens-wêreld ingestuur met die wens wat ons almal vir hulle het – om hulle plek in die samelewing vol te staan en Drostdy se naam hoog te hou.

Baie dankie aan al die graad 11-registerpersoneel en in besonder vir mev. Leonora van Tonder vir hul harde werk om die aand so suksesvol te laat afloop. Dankie ook aan die gr.11-kelners wat die matrieks die hele aand spesiaal laat voel het.

20160929_125639 20160929_125459 20160929_194414

20160929_125409 20160929_125547