Home » Krieket

Krieket

Krieket by Drostdy is besig om nuwe hoogtes te bereik. Ons kompeteer ongelukkig teen ander somersporte soos toutrek en atletiek, maar kry dit steeds reg om twee onder 15- en twee onder 19 -spanne op die veld te stuur.

Ons B-spanne speel gereelde weekwedstryde teen skole in en om die omgewing. Hierdie jaar kon die onder 19 B’s daarin slaag om onoorwonne te eindig. Die onder 15 B’s het slegs een wedstryd verloor.

Die onder 15 A-span, onder leiding van mnre. J.S. Fourie en Gerhard van der Merwe, het goeie resultate gelewer. Hul deursettingsvermoë is wel getoets in elk van hierdie wedstryde ,maar steeds het hul die vrugte gepluk van hul harde werk en goeie resultate gelewer.

Zach le Roux, die onder 15 A-span se kaptein, het die Noord-Bolandspan gehaal en ongelukkig uit geval op die laaste rondte van die proewe vir die finale Boland onder 15-span.

Die onder 19 A-span het ‘n beter seisoen gehad in vergelyking met die vorige jare. Hulle kon daarin slaag om vyf van hul agt wedstryde te wen. Oortuigende uitslae teen Weston en Swartland was van die hoogtepunte tot dusver. Groot ywer en entoesiasme van hul afrigters, mnre. Edrich Janse van Rensburg en Armand Swart, beteken dat ons krieket ‘n gesonde toekoms het.

Ons sien uit na ‘n goeie 2017/2018-seisoen.

IMG_4991 IMG_5022 IMG_5035