Home » Drukkery en Fotografie

Drukkery en Fotografie

Propic Logo

Binne die Studentesentrum is daar nog ‘n baie interessante winkel – die een met die rooi deure wat alle gewone en kreatiewe drukwerk in ‘n japtrap afhandel.

Vir die leerders van Drostdy en hul ouers bied dit die volgende:

  1. A3 en A4 kleurdrukker vir die druk van alle take en plakkate.
  2. Kantoorringbinder met ‘n verskeidenheid kleure en grote binders vir die bindwerk van take.
  3. A4 lamineermasjien en lamineersakkies.
  4. Karton en transparante (‘n harde deursigte buiteblad) vir die bind van take.
  5. Verskeidenheid van sublimasieprodukte (koffiebekers, waterbottels, kussinkies en baie meer).
  6. Verskeidenheid van produkte vir vinyldrukwerk (muurplakkers, kussinkies, T-hemde en “hoodies”).
  7. Naamplakkers vir die wassery, linte vir hare ens.
  8. Neem van ID-foto’s vir leerlinglisensies.
  9. Enige foto wat deur Abri Bothma Fotografie geneem is, kan op ‘n kreatiewe manier gedruk word wat ‘n baie spesiale aandenking maak.

Kom gesels met ons, want niks is onmoontlik nie. Ons wil graag hê die leerders en ouers moet op die ingewing van die oomblik inhardloop en kreatief raak.

Kontakbesonderhede:
Maresa Bothma
Tel: 0823750514

ABF logo mail

Abri Bothma Fotografie(Pty)Ltd is gestig in 2007 deur Abri Bothma en Maresa Bothma.

Met ’n passie vir fotografie en met meer as 17 jaar ondervinding as professionele fotograaf het die maatskappy gegroei tot een van die voorlopers in hulle veld.

As oud skolier van HTS Drostdy het Abri ‘n hart vir Drostdy se leerders en die geskiedenis van die skool en wil hy graag help om die skool se geskiedenis en tradisie te bewaar.

Hy en sy span fotograwe gaan dus in 2017 soveel moontlik sport- en sosiale geleenthede fotografeer en die foto’s beskikbaar stel aan ouers en leerders. ’n Gedeelte van die fondse wat genereer word, uit die verkope, gaan vir die stigting van ’n fotografieklub.

Die doelwit met die stigting van die fotografieklub by Drostdy is om belangstellende leerders en opvoeders te bemagtig met kennis en toerusting om self die geleenthede te fotografeer. Dit gee ook leerders die geleentheid om verder te ontwikkel as fotograaf. Die beplanning is om ’n fotokursus aan te bied vanaf die 2de kwartaal vir belangstellende leerders. Hierdie leerders sal dan kan deel vorm van Drostdy se fotografieklub.

Bestellings van foto’s

  • Laai die bestelvorm af en voltooi.
  • Bestelvorms kan dan gefaks of ge-epos word. (Inligting op bestelvorm).
  • Bestellings moet vergesel word met ’n bewys van betaling. (Bankbesonderhede op bestelvorm)
  • Foto’s kan by Propic (Die drukkery) op die skoolterrein afgehaal word na 3 werksdae.

Foto’s kan ongelukkig nie in digitale formaat gekoop word nie.

Volg die skakel na Abri Bothma Fotografie se webtuiste om die foto’s te besigtig.
Indien u reeds die blad besoek het druk asseblief F5 om die blad te herlaai om te verseker u sien die nuutste foto’s.