Home » Fondsinsamelings

Fondsinsamelings

HTS Drostdy het verlede jaar op 6 Mei 2016 ‘n baie lekker gholfdag aangebied en vanjaar op 5 Mei 2017 weer so gemaak. Hou dus gerus 4 Mei 2018 dop, aangesien die dag groot in aanvraag is.

Met ons leerders wat as addisionele baljoggies optree, is dit die ideale geleentheid om kliënte, direkteure, individue van die gemeenskap en die belangrikste, ons skool se ouers, bymekaar te kry ‒ nie net vir die spel nie, maar ook die geselligheid daarna. Mnr. Koos Smit van Worcester Gas en Sport het aangenaam verras met sy innoverende maniere om ‘n ekstra geldjie vir die skool in te vorder.

Die pryse wat op die spel was, het glad nie teleurgestel nie – daar was nie minder nie as 132 gaste tydens die prysuitdeling. In die toekoms sal ons moontlik vir addisionele gaste en hul gades voorsiening maak.

Met die hulp van verskeie groot borge was HTS Drostdy in die posisie om ‘n heerlike 3-gangmaaltyd in te sluit.

Drostdy se eie gholfspan het hul goed van hul taak gekwyt en onder die toppresteerders geëindig. Die pryse was enige iets van ‘n pragtige rooi gasbraaier, TV-stelle, handgemaakte houtmeubels, 4-balle op Fancourt- en Silver Lakes-gholfbane, verskeie gereedskapstelle tot oorfone as straf vir die gaste wat tydens die prysuitdeling ‘n geselsie wou inkry.

Worcester Gholfklub se ondersteuning, asook van sakeondernemings in die omgewing en so ver as Ceres en die Koue Bokkeveld was ongelooflik.

Daar was letterlik ‘n prys vir elke speller; elkeen het ook weggestap met die gesogte blou HTS Drostdy-gholfhemp met die skoolwapen op. Baie dankie aan ieder en elke borg ‒ sonder julle sou dit beslis nie moontlik wees nie.

Die totale WINS wat tydens die gholfdag ingevorder is, is R94 124.57

Fondsinsamelings