Home » Fietsry

Fietsry

Bergfiets is natuurlik ook deel van die Drostdy belewenis!

Ons spog met ‘n aktiewe bergfietspan sedert 2013. Daar is tans 35 aktiewe bergfietsryers en die hoogtepunt van elke jaar is natuurlik die skole ligabyeenkomste wat deur Spur aangebied word.

Die aantal deelnemers wat aan die liga deelneem het geweldig toegeneem.  Drostdy het vir die tweede keer gekwalifiseer vir die Nasionale Byeenkoms wat elke jaar by Hoërskool Bekker gehou word in Magaliesburg.  Hierdie is ‘n ongelooflike ondervinding vir die leerders, veral die wat nog nie gevlieg het nie.

Bergfiets is werklik ‘n sport wat die leerder nie net aktief en gesond hou nie, maar ook elkeen die geleentheid gee om te groei en te ontwikkel. Elke bergfietsryer sal getuig dat uithouvermoë tot die uiterste getoets word in alle weersomstandighede.

Die toekoms lyk belowend en opwindend vir hierdie vinnig groeiende sport. Kom raak deel en beleef ‘n stukkie van Drostdy.

Reëls en algemene inligting:

  1. Alle leerders MOET ‘n vrywaringsvorm voltooi en inhandig.
  2. Die amptelike oefentye is 15h30-17h00 Maandae tot Donderdae.
  3. Geen koshuisleerder mag op haar/sy eie oefen nie.
  4. Alle leerders moet ‘n valhelmet dra.
  5. Alle leerders moet tydens die oefening ‘n waterbottel by hom/haar hê.
  6. Geen oorfone word toegelaat nie.
  7. Ons moet sekere fooie oorbetaal aan die Worcester Wheelers en daarom sal alle ryers teen einde Februarie 2017 ‘n fooi van R100 moet betaal.
  8. Alle ryers word ook verplig om die STRAVA toepassing op hulle selfone af te laai, sodat ons oefen tye kan kontroleer.
  9. Alle fietse moet in die fietshokke by elke koshuis gebêre word en ten alle tye ook gesluit wees, so voorsien asseblief ‘n fietsslot.
  10. Alle ryers sal teken as hulle hul fiets uit die fietshokke haal.
  11. Fietshokke sal oopgesluit word 15:20 en weer 17:00 sluit.
  12. Fietsryhemde sal teen die tweede kwartaal beskikbaar wees.

Spur 2017 datums:

24 Junie – Somerset-Wes
05 Augustus – Montana (Worcester)
26 Augustus – Stellenberg
16 September – Paul Roos

IMG-20150319-WA0020