Home » Fasiliteite op die terrein

Fasiliteite op die terrein

FASILITEITE: GRONDE
Drostdy beskik vir seker oor van die beste fasiliteite denkbaar. Die ligging van die skool komplementeer beslis die pragtige geboue en goed versorgde sportfasiliteite.

Enige van hierdie fasiliteite kan gehuur word.  Kontak Me. Rachelle Swiegers by hoof@htsdrostdy.co.za

KLUBHUISE
Die Jan Bosman-klubhuis (sedert 1985) het ‘n onbelemmerde uitsig oor al die sportgronde. Dit huisves ‘n onthaallokaal (vir ongeveer 100 mense), ‘n klank- en aankondigerstelsel, 4 aantrekkamers, toiletgeriewe, asook ‘n goed toegeruste snoepwinkel.  ‘n Tweede kiosk is ook langs die klubhuis geleë.

Die Martin Oosthuizen-klubhuis (sedert 2002) is deur die oudskoliere ontwikkel en is aan die noordekant van Trappespark geleë.

KOSHUISE
Aangesien die koshuise op die terrein geleë is, is Drostdy uiters geskik vir die aanbied van toernooie en sportbyeenkomste.  Vir navrae in die verband kan u die skool skakel – mnr. Dawie de Lange 023 342 2320.

GIMNASIUM
‘n Oefengimnasium met die nodige toerusting is tot die leerders se beskikking. Opgradering van die gerief is tans in volle gang – die oppervlak is vergroot en verskeie oefenapparate geïnstalleer. Leerders betaal kwartaalliks ‘n minimale lidmaatskapfooi.

SWEMBAD
‘n Vyf-en-twintig-meter-swembad, verkleegeriewe en spreiligte maak die swembad een van die gewildste areas gedurende die somermaande.

SKOOLSAAL
Die goed toegeruste MJ de Wet-saal huisves 900 leerders.

RUGBYVELDE
Vyf rugbyvelde — waarvan Trappespark oor goeie spreiligte en ‘n pawiljoen beskik, asook twee klubhuise waarvan een ook aantrekgeriewe en twee snoepwinkels het.  Hier word gereeld toernooie aangebied, waarvan die Akademie Week in 2014 en die Noord-Suid Derby 2015 van die grootstes tot dusver was.  Die eerste rugbyspan het hul eie aantrekkamer met storte.

ATLETIEK
‘n Atletiekbaan met grasoppervlak rondom Trappespark.  Hier word leerders in die somer die kans gebied om aan die Interkoshuis Atletiekbyeenkoms deel te neem.  Die Aflosbyeenkoms wat Drostdy aanbied tussen verskeie skole word ook baie goed ondersteun.

HOKKIEVELDE
Drostdy beskik oor twee hokkie velde.

KRIEKETVELDE
Daar kan twee krietewedstryde op Drostdy se gronde gelykertyd plaasvind.  Daar is ‘n kriektklubhuis wat geleë is onder die paviljoen.  Kolwers kry ook tydens oefening geleentheid om in een van die vier krieketnette die aanslag van bouwlers af te weer.  Kolwers kry ook oefening met die onderdag-boulmasjienfasiliteit wat vir hulle gebied word.

TENNISBANE / NETBALBANE
Ses tennisbane (met ‘n oefenmuur), wat ook drie netbalbane insluit en sy eie klubhuis het.  Die bane is in 2015 oorgedoen.

SKYFSKIET
‘n Lokaal waar skyfskiet beoefen word.

NOODHULPKAMER
‘n Noodhulpkamer onder die paviljoen wat deur ons eie opgeleide noodhelpers beman word — met ‘n gholfkarretjie as “ambulans” tydens byeenkomste;

TOUTREK
‘n Toutrekbaan met permanente oefenkonstruksies is opgerig.  Die Oppi-Tou stoorkamer is opgerig ter ere van Oom Oppies, Hercules Opperman, wat een van die stigters was van toutrek by HTS Drostdy.

STOEI

‘n Lokaal waar stoei beoefen word.  HTS Drostdy

Die pyntuin waar verskeie natuurlike fiksheidsoefeninge gedoen kan word.