Home » Drama

Drama

Die skool bied verskeie drama aktiwiteite by die skool aan.

Ons neem elke jaar afsonderlik aan die Worcester-, Tygerberg- en Paarl Eisteddfod deel. Enige leerder van enige ouderdom mag aan die Eisteddfod deelneem en hulle kan self hul stukkie kies waarmee hul wil deelneem hetsy monoloog, gedig, tweespraak ensovoorts. Die Eisteddfod word besdryf deur Mev. E. Neethling en Mev. T. de Wet.

Ons het in 2016 vir die eerste keer ‘n revue produksie op die planke gebring. Ons het ook deelgeneem aan KykNet se ‘Revue’ program, Afridans, en het ‘n tweede plek behaal. Dit was die eerste maal wat ons aan hierdie kompetisie deelgeneem het. Afridans 2016 het vele leerders se oë laat oopgaan.

Revue 2018 is volstoom aan die gang en sal in die 3de kwartaal geskied. Mnr. P. Ras, ons kultuurhoof, is verantwoordelik om seker maak dat elke revue produksie ‘n ongelooflike ervaring is. Die revue vind elke tweede jaar plaas.

Die skool neem ook deel aan die ATKV tienertoneel. Die groep leerders word saamgestel deur verskeie drama’s in die skool. Die toneeel en revue wissel elke jaar af, dus een jaar toneel en die volgende jaar revue.

HTS Drostdy se kultuur is bedrywig en ons glo daarin om elke leerder se talente op hul eie gebied te ontwikkel. Donkies kan “act” en dans.

Tonele uit Kareltjie se pa

Danie van Eeden

Danie Retief

Anaïs Mason

Anaïs Mason