Home » Busvervoer

Busvervoer

Die Kaapse bus loop elke Vrydag, behalwe wintertye wanneer tuiswedstryde plaasvind; dan ry die bus nadat die eerstespan Saterdagmiddag klaar gespeel het. Die leerders kry geleentheid om vanaf Maandag tot en met Woensdag plek te bespreek by Me. Lirita Esterhuizen. Tot en met Woensdag mag hulle nog hul plek op die bus kanselleer, maar daarna word die busgeld verbeur indien hulle sou besluit om nie meer van die busdiens gebruik te maak nie.

Ouers word beroep om asseblief hulle kinders se inbetaling vir die bus vroegtydig te maak en dan ook seker te maak dat hul kind se plek op die bus bespreek is. ‘n Inbetaling in die skool se rekening kwalifiseer nie as ‘n outomatiese bespreking van die bus nie. Gebruik asseblief u kind se toelatingsnommer en “bus” as verwysing wanneer u ‘n inbetaling maak.

Tuisnaweke vertrek daar busse na Vredenburg en Vredendal. Dieselfde reëlings ten opsigte van kansellasie geld soos hierbo.

Die Vredenburg-bus se roete is: Riebeeck-Kasteel, Malmesbury, Hopefield en Vredenburg – dit is die eindpunt.

Die Vredendal-bus se roete is: Wolseley, Gouda, Porterville, Piketberg, Eendekuil, Citrusdal, Clanwilliam, Klawer en Vredendal – dit is die eindpunt.

BUSSE RY NIE MET SKOOLVAKANSIES NIE.

Tariewe vir 2018:

  • Dorp
  • Kaapstad
  •  -

 

  • Dorp
  • Malmesbury
  • Hopefield
  • Vredenburg

 

  • Dorp
  • Wolseley
  • Gouda
  • Porterville
  • Piketberg
  • Eendekuil
  • Citrusdal
  • Clanwilliam
  • Klawer
  • Vredendal
  • Retoer
  • R240-00
  •  -

 

  • Retoer
  • R330-00
  • R440-00
  • R510-00

 

  • Retoer
  • R110-00
  • R220-00
  • R340-00
  • R430-00
  • R430-00
  • R460-00
  • R510-00
  • R590-00
  • R620-00
  • Enkel
  • R240-00
  •  -

 

  • Enkel
  • R220-00
  • R290-00
  • R340-00

 

  • Enkel
  • R 70-00
  • R140-00
  • R230-00
  • R280-00
  • R280-00
  • R300-00
  • R340-00
  • R390-00
  • R400-00
  • Tyd (±) Vrydag
  • 15:30
  •  -

 

  • Tyd (±) Vrydag
  • 15:30
  • 16:00
  • 16:30

 

  • Tyd (±) Vrydag
  • 13:00
  • 13:30
  • 14:00
  • 14:30
  • 14:45
  • 15:10
  • 16:00
  • 16:45
  • 17:00
  • Sondag
  • 18:00 (Somer)
  • 17:00 (Winter)

 

  • Sondag
  • 18:00
  • 17:30
  • 17:00

 

  • Sondag
  • 19:00
  • 18:30
  • 18:45
  • 18:10
  • 18:00
  • 17:45
  • 16:40
  • 16:15
  • 16:00