Home » Brilliant Young Donkeys

Brilliant Young Donkeys

Die Brilliant Young Donkies is Drostdy se leerders wat ‘n gemiddeld bo 80% handhaaf. Na elke kwartaal se uitslae word hierdie groep leerders aangekondig. Daar word op verskeie maniere erkenning aan ons top akademiese presteerders gegee.

  • Die A-gemiddelde graad 12 leerders (van die vorige jaar) word elkeen na ons eerste saalbyeenkoms toe genooi en daar word aan hulle ‘n klein toekenning oorhandig.
  • In die eerste kwartaal het ons die BYD’s bederf met ‘n heerlike ontbyt in die gasvryheid lokaal. Daar is moeite gedoen om hulle te motiveer om suksesvol te wees in die jaar wat voorlê.
  • IMG-20160128-WA0000 IMG-20160128-WA0001 IMG-20160128-WA0003 IMG-20160128-WA0004 IMG-20160128-WA0005 IMG-20160128-WA0006

  • Na die eerste kwartaal is die BYD’s aangekondig by ‘n spesiale saalbyeenkoms waar hulle in die middelste blok gesit het en elkeen geluk gewens is.
  • In die derdekwartaal is die BYD’s bederf met ‘n heerlike “High Tea”. Tydens hierdie geleentheid het elke graad 12 leerder ‘n geskenkpakkie ontvang om hulle te motiveer vir die rekordeksamen.
  • Die BYD’s van die vierde kwartaal word vroeg in die nuwe jaar genooi na ‘n gala geleentheid.

Die klub gaan op uitstappies en dan word die leerders ook blootgestel aan ander kulture en geregte. In 2015 was ‘n hoogtepunt die besoek aan die Groenpuntstadion.

IMG_1451 IMG_1434