Home » Aktiwiteite buite skoolverband

Aktiwiteite buite skoolverband

Dit is vir ons belangrik dat leerders op alle terreine deelneem, en hulself uitleef en presteer. Ons moedig derhalwe deelname aan en gee erkenning aan aktiwiteite wat nie deur die skool aangebied word nie.

SWEM
Baie geluk aan vier van ons swemmers wat by die Jack Currie Kampioenskap uitstekend presteer het!
v.l.n.r: Danté Marais (3 goud, 3 silwer, 1 brons), Klara Naudé (2 goud, 2 brons), Claudi Bester (4 goud, 2 silwer, 1 brons), Aldo Marais (2 goud, 1 silwer)
Swemmers

KUNSAASHENGEL
Baie geluk aan Hanro Griessel en Gerrit Jonker wat opgeneem is in die SA-span vir Kunsaashengel. Hulle gaan van 11 – 16 Februarie aan ‘n internasionale kompetisie deelneem. Hanro is ook aangewys as die kaptein van die span.

1512Gerrit Jonker
1415Hanro Griessel

NASP BOOGSKIET
Willem en Christiaan Ellis (albei gr.8) het op 27 Januarie deelgeneem aan die NASP boogskiet interskole. Hoewel hulle as individue skiet, is hulle trots om te sê waar hulle vandaan kom en het in hulle koshuishempies deelgeneem.
Boog

SANESA
Benneli Moodie het tydens die naweek van 2 – 4 Februarie in Stellenbosch by SDRC deelgeneem waar sy Drostdy as ruiter verteenwoordig het. Haar uitslae is as volg:
Equitation – 3 de plek
Dressage – 2 × 4 de plekke
Performance riding – 3 de plek
Working riding – 1 ste plek
80 cm jumping competition – 2 de plek
Benneli Moodie

O/18 SA-SEWESSPELER
Christie Grobbelaar is opgeneem in die O/18 SA-Sewesspan oefengroep wat van 9 – 10 Maart in Namibië in ‘n internasionale toernooi gaan speel. Die finale span word op 16 Februarie aangekondig.
Ons is baie trots op Christie wat in 2017 reeds ons land in die O/17 SA-Sewesspan verteenwoordig het.
Christie Grobbelaar