HTS Drostdy



Werk terwyl jy op God vertrou

  • HTS Drostdy
  • HTS Drostdy
  • HTS Drostdy
  • HTS Drostdy

Welkom by HTS Drostdy

BOODSKAP UIT DIE HOOF SE KANTOOR


By HTS Drostdy glo ons dat betrokke leerders ook gelukkige leerders is. Daarom moedig ons leerders aan om deel te neem aan die aktiwiteite by die skool. Die personeel gaan met deernis en verantwoordelikheid om met elke leerder wat aan ons toevertrou word. Ons skep ook positiewe verwagtings, want ons glo dit lei tot positiewe resultate.
Drostdy wil altyd streef om beter te wees. ’n Skool wat passievol is oor wen en om die beste te wees en wat resultate oplewer, neig om weer mededingende ouers en leerders te lok wat gemotiveerd is. Selfmotivering is beslis een van die sleutels tot sukses. Dit is vir ons belangrik om aan die leerders soveel as moontlik geleenthede te bied om hul potensiaal te ontgin.
Ons streef daarna om beginselvaste, doelgerigte jongmense op te lei wat die eise van die moderne samelewing kan trompop loop en ’n sukses daarvan kan maak. Ons streef ook daarna om vir ons leerders ‘n gebalanseerde opvoedingsituasie binne ‘n Christelike omgewing te skep. 
Skoolgaan moet egter ook pret wees. Elke Drostdyer moet met reg kan sê: “Ek is ’n trotse Donkie, ’n Donkie wat vir mense omgee.” Drostdy is ‘n belewenis!
.

AW Underhay
Skoolhoof

   
www.school-communicator.com
   
   

 

HTS Drostdy Kalender

Popup Module

This is the Popup Module feature. Assign any module to the popup module position, and ensure that the Popup Feature is enabled in the Gantry Administrator.

You can configure its height and width from the Gantry Administrator.

More Information